Oranjerivier se vlakke styg, paaie kan sluit

Hoewel die Namibiese Padowerheid vroeër die week aangekondig het dat die pad tussen Aussenkehr en Rosh Pinah langs die Oranjerivier heropn is, is vlakke van die rivier weer besig om te styg weens die swaar reën in Suid-Afrika. Die owerheid waarsku padgebruikers om versigtig te wees wanneer hulle die paaie langs die Oranje gebruik. Daar is padtekens aangebring en ‘n span is op bystand. Die korporatiewe kommunikasiebestuurder, Hileni Filemon sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is ‘n span op bystand.