AfriForum lê klagte van aanhitsing teen Malema

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het klagtes van aanhitsing tot geweld en haatspraak oorhandig aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie teen die EFF-leier, Julius Malema. AfriForum se veldtogbestuurder, Ernst van Zyl, sê die organisasie eis dat die kommissie Malema ondersoek na aanleiding van ‘n EFF-saamtrek in die Wes-Kaap waar hy ondersteuners aangemoedig het om nooit bang te wees om dood te maak nie. Van Zyl sê dit is belangrik vir AfriForum om in te gryp om te verseker daar is gevolge vir politici indien hulle ondersteuners aanhits tot geweldpleging: