Johnson staan dalk ook in Engelse premierskap-wedloop

Berigte uit Brittanje lui dat die voormalige Britse eerste minister Boris Johnson na verwagting sal deelneem aan die komende verkiesings vir ‘n nuwe leier van die Konserwatiewe Party en dus, premier van die land. Die nuus kom kort op die hakke van die bedanking van Liz Truss, ses weke na sy die pos beklee het. Die voorsitter van die 1922-komitee, Sir Graham Brady, het vroeër bevestig dat die kandidaat teen volgende week Vrydag benoem sal word. Volgens internasionale nuusagentskappe is Johnson uiters gewild en is sy kandidaatskap in nasionale belang.