AfriForum: Gedesentraliseerde netwerk is oplossing vir kragkrisis

AfriForum glo ‘n gedesentraliseerde netwerk is ‘n oplossing vir die kragkrisis wat Suid-Afrikaners tans teister. Hy sê dis onaanvaarbaar dat Eskom ‘n aansoek indien om tariewe met 32,66 persent te verhoog terwyl landsburgers onder beurtkrag deurloop. AfriForum se woordvoerder, Jacques Broodryk, sê die kragvoorsiener wil boonop hê verbruikers wat sonkrag gebruik, moet meer betaal as gewone kragverbruiker.