SA Inkomstediens steier steeds onder staking

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens raai belastingbetalers aan om steeds gebruik te maak van sy digitale dienste, nadat die diens genoodsaak was om 40 van sy takke te sluit weens ‘n voortslepende staking. Tax Consulting South Africa sê meer ontwrigting kan verwag word, omdat daar nog nie ‘n ooreenkoms tussen vakbonde en die Ontvanger bereik is nie. ‘n Woordvoerder, Jashwin Baijoo, sê kwessies soos beurtkrag mag ook die werking van die digitale stelsel beïnvloed.