Namibiese man by Kappsfarm-padblokkade vasgetrek met dagga

‘n Namibiese man is in hegtenis geneem by die Kappsfarm-padblokkade oos van Windhoek nadat dwelms in sy voertuig gevind is. Die polisiebevelvoerder van die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson, sê die 54-jarige verdagte is gevang met 50 sakke dagga wat bekend staan as ‘Majat’ met ‘n straatwaarde van 140 000 Namibiese dollar, asook ‘n sak dagga bekend as ‘Skunk’ ter waarde van 50 000 dollar. Die verdagte word by die Windhoek-polisiestasie aangehou.