AfriForum en Saai bemagtig skole oor landbou-waardeketting

AfriForum en die landbouliggaam, Saai, het hande gevat met Kgosi Gaboilelwe Moroka om skole te bemagtig om leerders meer bewus te maak van die waardeketting in die landbou, asook selfvoorsiening. Verskeie vrugtebome is aan sewe skole in die Vrystaat  beskikbaar gestel. Die skole sal bygestaan word om die bome te versorg. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Barend Uys, sê dit is belangrik vir kinders om die waardeketting vanaf die aanvanklike produksie te begryp, asook die moontlikhede vir welvaartskepping wat boerdery bied.