Bewers is nou ‘n beskermde spesie in Engeland

Bewers is nou ‘n beskermde spesie in Engeland, 400 jaar nadat op hulle jag gemaak is totdat hulle feitlik uitgesterf het. Dit is nou onwettig om hierdie vlytige knaagdiere, wat die afgelope aantal jare weer ‘n vastrapplek in hul land van herkoms bekom het, doelbewus te vang, te beseer, dood te maak of andersins te versteur. Hoewel  omgewingsgroepe ingenome is met hierdie belangrike verwikkeling, is hulle besorg dat die bewers se nuutverworwe status in Europa deur die Britse regering bedreig kan word. Die diere se nuwe wettige status mag nou hersien word, saam met ander onontbeerlike wette wat die natuur beskerm.