Private SA lugredery wil roetes na Namibië uitbrei 

‘n Private Suid-Afrikaanse lugredery CemAir wil verskeie nuwe roetes op die vasteland uitbrei, insluitend na Namibië. CemAir, wat sy hoofkantoor op Johannesburg se OR Tambo Internasionale Lughawe het, het sy vlootgrootte in die eerste helfte van die jaar met meer as 20 persent vergroot. Die nuwe roetes sluit in vlugte van Johannesburg na Windhoek, Kinshasa en Lubumbashi in die Demokratiese Republikein van die Kongo, Dar es Salaam in Tanzanië, Victoria-waterval in Zimbabwe, en Mauritius. Die lugredery beoog om 14 vlugte per week na Windhoek te vlieg. Dit is onduidelik wanneer hierdie nuwe roetes in werking sal tree.