AfriForum en DA tree op teen kader-ontplooiing

AfriForum en die DA het saam regstappe teen kader-ontplooiing ingestel. Die burgerregte-organisasie meen die ANC se beleid oor kader-ontplooiing is diskriminasie gegrond op politieke verbintenis. Reiner Duvenage van AfriForum sê daar is verskeie regsgronde waarop die hof kaderontplooiing behoort te verbied.