Lof vir Namibiese renosterbewaarder 

Die Afrika Bewaringstoekennings het plaasgevind met die Save the Rhino Trust Namibia se renosterbewaarder, Martin Nawaseb, wat een van die top-kandidate vir die toekennings was. Nawaseb is geprys vir sy daaglikse harde werk om swartrenosters in die noordweste van Namibië te bewaar. Die uitvoerende hoof van Save the Rhino Trust Namibia, Simson Urikhob, spreek sy trots oor Nawaseb uit aan Kosmos 94.1 Nuus.