AfriForum bring hofaansoek oor J&J-entstof aankope

AfriForum wil meer inligting hê oor die voorwaardes wat die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte geplaas het op Johnson en Johnson se entstowwe. Die groep het ‘n dringende hofaansoek gebring om die besluit oor die voorwaardes te laat hersien. Die reguleringsowerheid het die J & J-entstof goedgekeur op voorwaarde dat dit net deur die regering gekoop mag word. Ernst van Zyl van AfriForum sê die regering het nie die volle vermoë om die entstowwe te koop en te versprei nie: