Malema sê die EFF help werkers

Die EFF-leier, Julius Malema, sê die party se afdeling vir arbeid is aan die voorpunt van die stryd vir werkers wat landwyd uitgebuit word. Die afdeling was verlede maand een jaar oud. Malema sê die arbeidsafdeling sien toe dat rassisme en seksisme voor die deur van sogenaamde kapitalistiese instellings gelê word. Malema sê die afdeling het reeds 37 467 sake van gewone werkers regoor die land ontvang, waarvan 23 789 suksesvol opgelos is.