WGO vra ware Covid-data van China

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het sy kommer uitgespreek oor die skerp styging in Covid-gevalle in China en het dié land se regering gevra om hom dringend van syfers oor hospitaliserings en sterftes te voorsien. Die sekretaris-generaal van die WGO, Tedros Gebreyesus, sê hulle vra China opnuut vir die nodige data sodat hulle die omvang van die Covid-uitbreking in dié land kan bepaal. Hy het die noodsaaklikheid van inentings beklemtoon.