Grootfontein hou fees vir klein sakeondernemings

Die JozziFest is ‘n fees wat jaarliks op Grootfontein in die Otjozondjupa-streek plaasvind. Die fees word deur jongmense van die dorp gereël met die doel om alle klein- en medium entrepreneurs van die Noorde-dorp op te hef wat die geleentheid het om hul produkte fees uit te stal. Vanjaar se fees sal hoofsaaklik fokus op sport wat die Grootfontein-toernooibeker op die spel sal hê. Daar sal aktiwiteite soos ‘n pretdraf, sokker, netbal en vermaak wees. Die geleentheid word van 7 tot 10 April by die Omulunga-sportgronde gehou. Albanus Shoopala, die geleentheidbeplanner het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.