Afcon 2027: Ons dink nog net

Namibië wil saam met Botswana die 2027 Afrikanasies se sokkerbeker-kampioenskap aanbied. Dit is in dieselfde jaar wat Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe saam die Krieketwêreldbeker-toernooi wil aanbied. Interne konsultasies is onderweg vir die Botswana-Namibië Afcon 2027. Die Namibiese sportminister, Agnes Tjongarero, sê dit is nog net ‘n idee en talle vergaderings moet nog volg.