Advokaat van Nasionale Vervolgingsgesag Zuma is in staat om verhoor te word

Die advokaat van die Nasionale Vervolgingsgesag sê Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma is wel in staat om verhoor te word. Wim Trengrove het vandag aan die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê hierdie mening is afgelei uit dokumente wat aan hulle verskaf is. Hy sê hulle het dagvaardigings uitgereik aan verskeie getuies om Zuma se mediese rekords te bekom. Die voormalige president se advokaat, Dali Mpofu, het egter aangevoer Zuma se privaatheid en dokter/pasiënt-vertroulikheid moet beskerm word.