Oud-ombusman geskok oor geweld teen Namibiese kinders

Die voormalige Namibiese ombudsman, advokaat John Walters het sy skok uitgespreek oor onlangse skokkend voorvalle van geweld teen kinders. Vandeesweek het die 88-jarige Gustav Willem wat van die verkragting en moord op ‘n drie-jarige meisie aangekla word, het in die landdroshof op Ondangwa verskyn. Die 39 jarige Maria Johannes, die vermeende aanrander van ‘n verwaarloosde 12-jarige meisie, het in die Katurura-landdroshof in Windhoek verskyn. Beide is borgtog geweier. Kosmos 94.1 Nuus het met advokaat Walters gepraat oor toenemende misdaad teenoor Namibiese kinders.