Herwinbare verpakkings moet vir varsprodukte gebruik word

‘n Dringende beroep word op Suid-Afrikaanse boere gedoen om aandag te skenk aan die verpakkings-metodes van hul varsprodukte. Die groephoof van vernuwing, navorsing en ontwikkeling van Mpact, Valeska Cloete, het op die internasionale varsprodukte-vereniging, IFPA, se Fresh Solutions-geleentheid in Johannesburg gepraat. Sy sê ‘n dringende behoefte bestaan dat boere aandag moet skenk aan die volhoubaarheid en herwinbaarheid van hul varsprodukte-verpakking sodat hulle opkomende markgeleenthede wêreldwyd kan benut. Cloete vra IFPA-lede om toe te sien dat die verpakking wat hulle gebruik, in alle lande herwinbaar is.