Derde vlaag in Wes-Kaap

Met die Wes-Kaap wat in minder as drie weke ‘n toename van 60 persent in aktiewe Covid-19 gevalle aangemeld het, is die provinsie nou so te sê in sy derde Covid-vlaag. Volgens die Wes- Kaapse Premier, Alan Winde, het die provinsie se totale aktiewe infeksies van ongeveer 3 000 tot naastenby 6 000 in slegs 21 dae toegeneem. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.