Brandstofpryse daal in SA, maar bandeheffings styg

Al het Suid-Afrikaners ‘n mate van verligting gekry met die onlangse daling in brandstof-pryse sal hulle nou ‘n groot styging sien in die prys wat hulle vir hul bande betaal. Dit, nadat die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie verlede week die instelling van ‘n nuwe voorlopige heffing van 38,33 persent op bande wat uit China ingevoer is, aangekondig het. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, het meer inligting.