Adder-gif belemmer Covid se voortplanting

Brasiliaanse navorsers het bevind dat ‘n spesifieke molekule in die gif van die jararacussu put-adder die groei van Covid-19 in aapselle belemmer. Die navorsing is in die vaktydskrif Molecules gepubliseer en die navorsers sê dat die virus se vermoë om te vermeerder is met 75 persent verminder. Rafael Guido van die universiteit van Sao Paolo en outeur van die studie sê die molekule in die gifstof van die slang het ‘n peptiede van ‘n proteïen wat bind aan ‘n ensiem, PLPro van die virus, wat hy nodig het vir voortplanting.