Nee, Stad Windhoek se krematorium is nie buite werking nie

Gerugte dat die Stad Windhoek se krematorium weer buite werking is, is onwaar. Daar het vanoggend weer gerugte die rondes gedoen dat media berigte dat die krematorium werksaam is, verkeerd is. Lydia Amutenya, woordvoerder van Stad Windhoek sê verassings het reeds oor die naweek hervat.