Minder padongelukke in Namibië in 2022

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds het altesaam 2 874 padongelukke in Namibië tussen 1 Januarie en 11 Desember 2022 aangeteken. Dit is ‘n afname van die 2 926 ongelukke wat gedurende dieselfde tydperk verlede jaar aangeteken is. Altesaam 423 sterftes is aangeteken teenoor 525 verlede jaar. Daar is ook afname in die beserings van 4 868 mense, vergeleke met 5 050 verlede jaar. Die Motorvoertuig-ongelukkefonds se feesseisoen-veldtog se doelwit is om ongelukke, beserings en sterftes op paaie te verminder. ‘n Senior bestuurder van die fonds, Ruben Uupindi, maan motoriste om veilig te bestuur.