ActionSA vra Soweto se elektrisiteitskuld moet afgeskryf word

Die voorsitter van ActionSA, Herman Mashaba, sê die elektrisiteitskrisis in Soweto sal nie opgelos word deur die slagspreuk-taktiek van ouds nie, ook nie deur anargistiese politieke partye en groepe wat die land eerder wil vernietig as om hard te werk en oplossings te bied nie. ActionSA se woordvoerder, Sabelo Chalufu, sê ‘n groot deel van die probleem is die ANC met sy baantjies vir boeties en rigtinglose elektrisiteits-ondernemings in staatsbesit, Eskom en City Power, wat die verantwoordelikheid deel om elektrisiteit in Johannesburg te versprei.