Onwettige strukture by vleiland in Johannesburg gesloop

Altesaam 21 baksteenstrukture is gesloop nadat dit onwettig opgerig is op ‘n vleiland wat aan die Stad Johannesburg behoort. Volgens die stad is die grond in Ebonypark onwettig besit en van die strukture het reeds gevorder tot by die dak. Die burgemeesterskomiteelid vir ontwikkelingsbeplanning, Thapelo Amad, sê die departement se wetstoepassings-eenheid het hierdie oefening uitgevoer. Hy sê die operasie is daarop gemik om wetteloosheid en onwettige grondbesettings in Johannesburg te bekamp.