Vliegtuig vlieg in nywerheidsgebou in Connecticut vas

‘n Vliegtuig het in ‘n nywerheidsgebou in Farmington in Connecticut in Amerika vasgevlieg en ‘n brand het ontstaan. Brandbestryders is besig om die vuur te blus en die publiek is gevra om die omgewing te vermy. Die gebou is naby die Robertson-lughawe en dit is onbekend of die vliegtuig by die lughawe opgestyg het of wou gaan land.