ActionSA: ANC stel party voor Grondwet en SA mense

ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die ANC-lede in die parlement het weer eens bewys die party sal altyd voor hulle ampseed, die Grondwet en Suid-Afrika se mense gestel word. ANC-LP’s het gestem teen die instelling van ‘n ampsklag-proses teen President Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-verslag. Mashaba sê dit was teen die wil van die mense en was om die wense van die ANC se nasionale uitvoerende komitee uit te voer om ‘n President ten alle koste te beskerm.