Wêreldrugby erken Laporte se selfskorsing

 Rugby: Wêreldrugby sê hy erken die besluit van die ondervoorsitter, Bernard Laporte, om homself onmiddellik te skors uit alle poste binne die bestuurstrukture. Dit volg op sy skuldigbevinding aan korrupsie in ‘n Franse hof en in afwagting van sy appèl. Laporte het ‘n opgeskorte vonnis van twee jaar tronkstraf en ‘n boete gekry. Wêreldrugby sê al erken hy Laporte se selfskorsing en reg tot appèl, het die uitvoerende komitee weens die erns van die uitspraak, die saak na sy onafhanklike etiek-amptenaar verwys vir hersiening in ooreenstemming met sy etiese kode.