Action Society soek prestasie-evaluering van polisieminister

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, se prestasie-evaluering moet openbaar gemaak word aangesien dit wil voorkom of hy besig is om die bietjie wat nog oorbly van die Polisiediens tot niet te maak. Dit is die mening van Action Society se direkteur van Gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron. Hy sê President Cyril Ramaphosa het in 2019 verklaar alle ministers sal bestuur word met streng prestasie-evaluering om seker te maak dienste word verbeter. Cameron sê Action Society is besig met ‘n regsproses om die bekendmaking van Cele se rekord te eis.