Pres. Hage Geingob sê Namibië is ‘n goeie beleggersland

Tydens die Namibiese Beleggingsberaad in Dubai, het Namibiese ministers, asook lede van die Groen Waterstof-raad meer inligting oor die projek gegee. Die beraad word deur die Namibia Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad by die Dubai Ekspo aangebied om beleggers na Namibië te lok en is deur 100 sleutelrolspelers en beleggers bygewoon. President Hage Geingob het aan voornemende beleggers gesê Namibië is ‘n deursigtige en goeie beleggersland.