Action Society sê staatsrede takel weer nie geslaggeweld, vrouemoord
Die menseregteorganisasie Action Society sê President Cyril Ramaphosa het weer eens slagoffers van geslagsgeweld en vrouemoord gefaal in sy staatsrede. Die stigter, Ian Cameron, sê hy het slegs nege sinne aan geslagsgeweld afgestaan. Cameron het beklemtoon dat daar tussen Oktober 2020 and September verlede jaar 41 000 sake van verkragting aangemeld is. Dit beteken daar kom elke dag 153 verkragtings voor. Cameron sê afgesien van die ongehoorde hoë verkragtingsyfer, word agt vroue elke dag vermoor.