Rani-groep skenk 150 rolstoele

Die Rani-groep het 150 rolstoele ter waarde van 350 000 Namibiese dollar aan die kantoor van die eerste minister geskenk om tussen gestremde lede van die publiek en staatsamptenare te versprei. Die Rani-groep se besturende direkteur sê 40 rolstoele sal na die veiligheidsministerie gaan vir beamptes wat in diens beseer is, 40 na die onderwysministerie vir gestremde leerders, nóg 40 na die gesondheidsministerie en 30 aan die kantoor van die eerste minister.