Indië herklassifiseer e-sport as beroepsport

E-sport: Die departement van sport in Indië het mededingende rekenaar-speletjies herklassifiseer en dit na dieselfde kategorie as krieket, sokker en ander sportsoorte verskuif. E-sport in die land is onder aanlyn-spele geklassifiseer. Die E-Sport-federasie van Indië het die aankondiging verwelkom en verklaar dit is deur die Internasionale Olimpiese Komitee as ‘n sport erken. Verlede jaar was die sport by die Asiatiese Spele ‘n medalje-geleentheid. Die IOK hou sy eerste Olimpiese E-sport-week in Junie in Singapoer.