Action SA: Ná 20 dae is daar nog vra oor Boksburg-ontploffing

ActionSA sê die provinsiale regering in Gauteng moet die ondersoek na die ontploffing van die gas-tenkwa in Boksburg as ʼn saak van dringendheid bespoedig. Dit sal afsluiting vir die beseerdes bring asook vir die families van die mense wat omgekom het. Twintig dae is reeds verby sedert ʼn tenkwa met vloeibare petroleumgas onder ʼn spoorbrug in Boksburg ontplof het. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Bongani Baloyi sê dit is ʼn bron van kommer dat premier Panyaza Lesufi nog steeds nie antwoorde kan verskaf oor wat tot die tragedie aanleiding gegee het nie.