Evalueringstoetse volg vir Korrektiewe Dienste-poste

Die kommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Dienste het bevestig 15 867 aansoekers vir poste in die dienste is op ’n kortlys geplaas. Altesaam 33 259 Namibiërs het vir 200 geadverteerde poste aansoek gedoen. Hulle moet vanaf 18 tot 27 Januarie vir evaluerings-toetse aanmeld. Kommissaris Sam Shalulange van die dienste het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.