Die Bulls en die Stormers wen hulle wedstryde in die Reënboogbeker-toernooi

Rugby: Die Reënboogbeker-toernooi gaan op 19 Junie afgesluit word met ‘n geskiedkundige kragmeting tussen noord en suid. Indien die plan werk, sal dit die dubbele toernooi in Suid-Afrika en Europa toelaat om saam te smelt en ‘n gesamentlike wenner op te lewer. In gister se Suid-Afrikaanse kragmetings het die Bulls die Sharks op Loftus met 43-9 geklop en die Stormers die Lions naelskraap met 39-37.