Ace gaan nog nie verskoning vra nie

Die ANC se geskorste hoofsekretaris, Ace Magashule, het volgens berigte gesê hy sal slegs in die openbaar om verskoning vra vir sy poging om president Cyril Ramaphosa te skors as ‘n hof hom beveel om dit te doen. Die gewese premier van die Vrystaat het hofstukke ingedien by die Hooggeregshof in Johannesburg om sy skorsing tersyde gestel te kry. Magashule se regspan onder leiding van advokaat Dali Mpofu betoog dat hy as sekretaris-generaal sy magte en funksies uitgevoer het toe hy ‘n skorsingsbrief vir Ramaphosa uitgereik het.