President Geingob wil nie nou ingryp in arbeidsgeskil by die NBC nie

Die Minister in die Presidensie het gereageer op ‘n versoek van die Namibiese Media Professionele Unie, Nampu, vir die president om in te gryp in die arbeidsgeskil by die NBC. Volgens minister Christene //Hoebes, is die president jammer dat personeel by die openbare uitsaaier met stakings begin het voordat gesprekvoering om die arbeidsgeskil op te los afgehandel is. //Hoebes wys verder daarop dat die Nasionale Unie van Namibiese werkers reeds met die regering ingesprek is hieroor, en daarom word daar eers gewag op die finale uitkoms hiervan en wil die president nie nou die proses versteur deur in te gryp nie.