Ace gaan hof toe!

Die geskorste Sekretaris-Generaal van die ANC, Ace Magushule, het volgens berigte dokumente aan die ANC beteken waarin hy eis dat sy skorsing opgehef en President Cyril Ramaphosa geskors word. Suid-Afrikaanse media berig dat Magashule vra dat die saak op 1 Junie in die Noord-Gautengse Hooggeregshof aangehoor word. Magashule vra ook dat die opsystaanreël en sy skorsingsbrief van Ramaphosa onwettig verklaar word.