Vrekte van 18 olifante in Indië ondersoek

Indiese owerhede het ‘n ondersoek van stapel gestuur na 18 olifante gevrek het. ‘n Bewaringskenner in die land sê die bevinding dat hulle deur weerlig getref is, is verkeerd. Die diere is in ‘n bewaringsgebied in die Noordooste van die land gevind. Soumyadeep Datta het aan internasionale nuusagentskappe gesê dat dit volgens die foto’s voorkom asof die diere eerder vergiftig is. ‘n Span kenners is ontplooi na die gebied en nadoodse ondersoeke sal op die karkasse uitgevoer word. Daar is in die afgelope paar jaar toenemende gevalle van konflik met nedersettings. Die land het ongeveer 30 000 olifante en 60 persent van die wêreld se Asiatiese-olifant bevolking.