Ace eers weer Oktober in die hof

Die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein het die korrupsiesaak teen Ace Magashule tot Oktober uitgestel. Die geskorste hoofsekretaris van die ANC en sy 15 mede-beskuldigdes het vandag weer voorgekom, met swaar polisie-teenwoordigheid buite die hof. Hulle staan tereg op aanklagte wat verband hou met tenderbedrog van 255 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Adjunk-regter-president Cagney Musi het 19 Oktober as nuwe hofdatum vasgestel: