57 van 170 olifante is verkoop

Die Namibiese ministerie van die omgewing sê hy het 57 van die 170 olifante wat in Desember 2020 op tender te koop aangebied is, is verkoop. Uit vyf bieërs was drie suksesvol en 5,9 miljoen Namibiese dollar sal uit die verkoop verdien word. In ‘n verklaring sê die ministerie dat 15 van die diere in Namibië sal bly en 42 word uitgevoer. Die vangproses sal die maand begin. Boere het die besluit om van die diere ontslae te raak verwelkom. Die diere kom uit die konflik-geteisterde gebiede van die noordooste en noordweste, waar boere gebuk gaan onder skade wat hulle aanrig.