ACDP teleurgesteld oor besluit teen voormalige regter

Die ACDP sê hy is teleurgesteld oor die Regterlike Gedrags-appèlkomitee se besluit om die bevindings van die Regterlike Gedragskomitee teen die voormalige hoofregter te handhaaf. Mogoeng Mogoeng is aangesê om verskoning te vra vir pro-Israelse opmerkings wat hy in Junie verlede jaar tydens ‘n webinaar gemaak het. Rowan Polovin van die Suid-Afrikaanse Sioniste-federasie het intussen gesê die organisasie veroordeel die persoonlike aanval op Mogoeng.