Nat naweek vir Namibië voorspel

Odillo Kgobetsi, hooftegnikus by die Namibië Meteorologiese Diens, het gesê die land kan steeds verwag om reën oor die naweek te kry. Die SAOG-voorspelling toon normale tot bo-normale reënval vir Namibië gedurende Januarie met slegs die verre suidwestelike dele wat in Februarie ondernormale reënval ontvang het wat gedurende Maart teen die kus opbeweeg. Die voorspelling is dus vir bo-normale reënval vir die grootste deel van die land. Kgobetsi sê aan Kosmos 94.1 Nuus die droogtegeteisterde westelike dele van die land kan ook uitsien na reën.