ACC: IPC-raadslid het nie haar posisie misbruik

Die Teen-korrupsie Kommissie van Namibië het die ondersoek na die voormalige Windhoek-raadslid van die Independent Patriots for Change, Desiree Davids, voltooi. Davids en haar mede-raadslid Fillemon Hambuda, is uit die Windhoekse stadsraad herroep oor hoe die twee raadslede se aansoeke vir grond hanteer is. Volgens die kommissie se ondersoek kan nie bewys word dat Davids haar posisie misbruik het om vir ‘n erf in die Rocky Crest-woonbuurt aansoek te doen nie, of dat haar aansoek verskillend hanteer is nie.