SAOG Troika-beraad herbevestig standpunt oor Rusland

Tydens die buitengewone Troika-beraad vir SAOG-staatshoofde in Windhoek is die konsep-verklaring van die Afrika-unie oor die Verenigde State se voorgestelde ‘Wet op die stryd van kwaadwillig Russiese aktiwiteite in Afrika’ aanvaar. Lidlande is aangemoedig om SAOG se standpunt te kommunikeer, en die standpunt van geen kant kies oor konflikte buite die vasteland en die streek by multilaterale forums, herbevestig. Namibiese President Hage Geingob is as voorsitter van die SAOG se orgaan oor politiek, verdediging en veiligheidsamewerking geloof vir sy leierskap om vrede en stabiliteit in die streek te vestig.