Zim-geldeenheid uitdagings

Zimbabwe se geldeenheid loop die gevaar om in duie te stort, omdat maatskappye die Amerikaanse dollar gebruik vir transaksies, volgens die land se belangrikste sakegroep, te midde van ‘n inperking op die valutahandel in die swartmark. Die Konfederasie van Zimbabwe-bedrywe, die grootste verteenwoordigende instansie vir sake, sê dat hy die regering gewaarsku het teen die kriminalisering van ondernemings en handelaars. John Robertson, ‘n ekonoom in Zimbabwe, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die huidige ekonomiese toestand in die land.