AB is klaar met Proteas

AB de Villiers gaan nie weer vir die Proteas uitdraf nie. Die groepe vir die toer na die Karibiese Eilande is bekend gemaak, terwyl Krieket Suid-Afrika ook bevestig het dat De Villiers nie sy uittrede uit internasionale krieket gaan opskort nie, berig Suid-Afrikaanse media.