Aartappels SA verhoog produksie

Aartappels Suid-Afrika sê ondanks die hoë insetkoste en beurtkrag wil aartappelvervaardigers hê die plaaslike sektor moet in die volgende vyf jaar sy jaarlikse produksie verhoog vanaf sowat 2 6 miljoen ton tot 3,2 miljoen ton. Die navorsings- en innoverings-bestuurder by Aartappels SA, Dirk Uys, sê dit kan moontlik gemaak word deur plaaslike verwerkingsvermoë te vergroot en goedkoop aartappelprodukinvoere te vermy. Hy sê die Landbou en Landbou-verwerkings Meesterplan kan geleenthede vir uitbreiding en belegging in die aartappelbedryf oopstel.